Ons Besighede wat Maandag 4 Mei u sal kan help

May 02, 2020

Volgende lys is van besighede wat vanaf Maandag 4 Mei, weer kantore se deure oopmaak.

New Generation Computers - 082 370 2686

Pen & Ink - 053 963 1143

Midas -  053 963 2176 - 082 895 5447

Gfrag weight loss and wellness - Annuscka - 071 866 9353

Abel Bester Prokureurs - 053 963 2257

De Kock en Duffey Prokureurs - 053 963 1286

Japie van Zyl Prokureurs - 053 963 2008

Prokureur Pienaar - 072 350 6354

GVS Makelaars - 053 963 1868

Bobby van Zyl Makelaars - 053 963 2362

Intfin - 074 129 6739

Mamusa Makelaars - 053 963 2716

Dagbreek Melkery - 083 285 2584

WispVsp - 083 285 2580

PEPs Schweizer - 053 963 1110

HJM Equipment - 083 695 0977

WB Konstruksie - 072 826 6244

Dinah Karwas - 064 848 4795 (Marksonstraat oorkant shoprite)

Hi-Q Schweizer - 053 963 1057/83

Greyling Hersteldienste - 078 324 0892 / 053 963 2220

Empire Cellular (MTN) - 053 963 2064

Schweizer Diere kliniek - 053 963 1213

Crocci Shop - 083 254 3103

EMT Motors - 083 943 0538

Schweizer cell (Vodacom) - 076 644 7000

Hugo Lotriet (Elektriese Dienste) -  0786762427

Cobus Strauss - (Elekstrisiën & Loodgieter) - 063 1597968

Bestdrive SchweizerTyres - 073 930 7227

Shanic - 083 263 7141

Schweizer Auto - 082 903 4935

Indien U nie op die lys is laat weet ons asb, en ons voeg u by.

Schweizer Werksoek hoekie

Apr 24, 2020

Schweizer-reneke.co.za het nou ook ons eie werk soek hoekie wat vir die dorp geleentheid bied om:

  • Oop poste te adverteer
  • Persone wat opsoek is na werk

Sit jou besigheid se beskikbare poste op, of kom se vir die gemeenskap hier is ek. Die werksoek hoekie het n skakel op die hoofblad, Werksoek hoekie

Frats ongeluk in Schweizer

Apr 17, 2020

Hiermee wil ons die volgende hartseer nuus met Schweizer gemeenskap deel: 

Dat 1 van ons opkommende en steunpilare (Hannes Fouche) in n tragies vragmotor frats ongeluk oorlede is. Volgens bronne het hy aan die vragmotor se brieke gewerk, waar die vragmotor op hom geval het. Hiermee wil ons as gemeenskap ook sterkte aan sy familie toe  wens.

16 April 2020 - Jongste regulasie vir Inperking

Apr 16, 2020
16 April 2020 - Jongste regulasie vir Inperking


Inperking: Hier is jongste wysigings

Deur Llewellyn Prince 16 April 2020 17:21 

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het die jongste wysigings aan die regulasies vir res van die staat van inperking Donderdag aangekondig.

Dít behels onder meer dat:

* die vervoer of verkoop van alkohol vir menslike verbruik steeds verbied word, maar dat alkohol wat vir kommersiële doeleindes soos in ontsmettingsmiddels en ander verwante produkte gebruik word, wel vervoer mag word;

* noodsaaklike goedere wat per see ingevoer word nie soos voorheen eers by hawens ontsmet moet word voordat dit versprei word nie omdat die koronavirus nie lang see-reise oorleef nie;

* nie-noodsaaklike goedere wat in hawens opeenhoop omdat dit nie uitgevoer kon word nie, kan nou uitgevoer word om plek in hawens te maak vir noodsaaklike goedere;

* bestaande streng regulasies geld steeds wat betref begrafnisse, maar diegene wat begrafnisse moet bywoon voordat ’n doodsertifikaat uitgereik kan word, kan nou beëdigde verklarings van die polisie of ’n landdros bekom as bewys om so ’n begrafnis by te woon;

* kinders van geskeide ouers wat toesig-regte deel en tussen die twee ouers moet rondbeweeg, moet ’n hofbevel of dokumente van die gesinsadvokaat daarvoor hê, maar kan in die afwesigheid daarvan ’n geboortesertifikaat toon wat albei ouers met die kind verbind;

* raffinaderye weer toegelaat word om op volle kapasiteit bedryf te word om te verseker dat daar genoeg brandstof is;

* alle diepmyne toegelaat word om op 50% van hul kapasiteit te begin myn omdat dit ’n gevaar inhou as dit vir lank onaktief is. Streng voorwaardes geld egter daarvoor soos dat mynwerkers wat terugkeer aan siftings- en toetsprosesse vir die koronavirus onderwerp word, terwyl myne self kwarantynfasiliteite vir werkers wat besmet is, moet skep en hulle moet ook vervoer vir hul Suid-Afrikaanse werknemers reël. Myne sal toegelaat word om stelselmatig tot volle kapasiteit terug te keer;

* ondernemings wat komponente, herstelwerk of instandhoudingswerk vir noodsaaklike dienste soos water- of elektrisiteitsverskaffing of aan hospitale verskaf, kan weer vir sake oopmaak;

* ondernemings wat voertuie vir noodsaaklike dienste herstel, kan heropen;

* loodgieters- of elektrisiënondernemings kan heropen om gebarste waterpype of elektrisiteitsprobleme in private huishoudings te herstel;

* bestaansvissers in klein kusdorpies wat hul vis verkoop, kan met hul bedrywighede voortgaan; maar die verkoop van gekookte kos word steeds nie toegelaat word;

* inbelsentrums wat kleinhandelaars se rekening-afdelings bedien, kan oopmaak vir sake;

* amptenare van die Verkiesingskommissie kan rondbeweeg; en

* ondernemings wat ondersteunings- en hersteldienste rondom inligtings- en kommunikasie tegnologie vir huishoudings en noodsaaklike dienste lewer, kan begin sake doen.

Volgens Dlamini-Zuma bly die res van die aanvanklike regulasies van die staat van inperking steeds in plek en sal weekliks aangepas word soos die staat van inperking stelselmatig verslap word.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdag bevestig dat die verbod op die verkoop van sigarette steeds in plek bly.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Gesondheid/inperking-hier-is-jongste-wysigings-20200416

Betroubare Nuus

Apr 13, 2020

Nuus wat uit betroubare bronne kom. Personne wat dit plaas het reeds seker gemaak en op gevolg. Laat weet indie u nog nuus het. Of indien u met vertrou nuus wil plaas. 

Kontak Danie Goosen of Esme Venter deur slegs op ons name te kliek en n epos te stuur.