Die is ‘n onafhaklikke webwerf en nie deel van Mamusa Munisipaleteit nie.
Geskiedenis van Schweizer
Geografie en geskiedenis Schweizer-Reneke is 'n boeredorp in die Bophirima-streek in die Noordwes-provinsie, Suid-Afrika. Die dorp is in 1888 gestig en is aan die oewer van die Hartsrivier geleë. Die ongewone naam is afgelei van kapt CA Schweizer en Veld Kornet CM Reneke wat albei in 1885 in 'n geveg teen die Koronnas dood is. Schweizer-Reneke is die ideale basis vir toeriste om die uitgestrekte en welige Bosveld-platteland te verken. Die inwoners van hierdie dorp hou hulself besig met mielie-, sonneblomboerdery asook diamant myne, en die inwoners van hierdie dorp praat Afrikaans. Akkommodasie Die dorp Schweizer-Reneke bied verskeidenheid opsies vir 'n nag of twee. Besoekersverblyf sluit bed-en-ontbyt, gastehuise, gasteplase, selfsorg-eenhede en kampeerplekke in.Gaan na ons besigheid-gids vir 'n volledige lys van verblyfplekke in die omgewing. Besighede Schweizer-Reneke bied ook baie opsies vir 'die ekonomie in, wat van Diamant bedrywighedeot en met Masjienerie en Engenieurswerke insluit, wat meestal met boerdery bedrywighede te doen het, maar ook veel meer. Gaan na ons besigheid-gids vir 'n volledige lys van besighede in die omgewing. Aktiwiteite en besienswaardighede Daar is baie historiese terreine in Schweizer-Reneke. Die nabygeleë dam bied ook talle lekker wateraktiwiteite. Die Massoukop is 'n besliste moet-sien vir natuurliefhebbers en geskiedenis geesdriftiges. Die oorblyfsels sluit in Koranna Kraals en Britse “kaasmatte” waar hulle hul bomme gehou het. Maar hier is ook n goeie golfbaan, rolbalbaan en skyfskiet are in. Ander dinge om te doen in Schweizer-Reneke sluit in: NG Kerk Visvang San Klip-kunswerk Stadsaal Voortrekker monument (Groot Trek van 1938) Wentzeldam Verskeie Wildplase en Jagplase Kapt. CA Schweizer en Veld Kornet CM Reneke standbeelde

Kontak webwerf Administrateur

die is nie die dorp se Munisipale Webwerf